Nuusargief

Evalueer die diens van jou motor met Examinare se Motor Diens Tevredenheid Opname.

Algemeen inligting, Leidrade en truuks
Evalueer die diens van jou motor met Examinare se Motor Diens Tevredenheid Opname.
Illustrasie

Indien jou besigheid die diens van motors aanbied, is dit baie belangrik om kliënt tevredenheid te behou. Daar is verskeie maniere om hierdie assessering te maak. Baie mense doen dit egter nie op ʼn gereelde basis nie, en een van die redes is ʼn “kop-in-die-sand” houding – hulle wil nie vernederende en kritiese terugvoer ontvang nie. Om so ʼn posisie in te neem is nadelig vir die maatskappy, sowel as vir die moontlike toekomstige groei van die handelsnaam. Om ʼn kliënt se terugvoer ernstig op te neem voorsien ʼn goeie fondasie vir die nodige verbeterings wat gemaak kan word, en die ekonomiese uitgawes kan regverdig word.

Maar daar is ʼn oplossing – Examinare het ʼn benadering ontwikkel wat jou toegang verleen na al die nodige terugvoer vanaf jou kliënte. Kontak ons per e-pos.

Hierdie diens het ʼn vaste koste, afhangend van hoeveel jaarlikse dienste jy aanbied. Deur outomaties seker te maak dat die diens terugvoer naby aan jou dienstye plaasvind, kan ons jou voorsien met ʼn unieke pakket vir al jou motor diens opvolg opnames. As gevolg van die voertuigdiens opnames, sal jy al die feite voor jou hê wat jou gevolglik sal toelaat om redelike besluite te kan neem. Ons pakkette kan uniek vir jou besigheidsdoeleindes ontwikkel word.

Examinare Voertuigdiens Tevredenheid Opnames is nie slegs vir motordiens monitering nie.

Ons opname pakket is nie slegs om jou dienste te kan beheer nie. Deur gereeld met jou kliënte op te volg, wys jy dat hulle opinies vir jou en jou handelsnaam belangrik is. Meeste kliënte wil graag reageer op jou navrae en vraelyste om jou sodoende te help om jou besigheidskommunikasie te kan verbeter. Ons vraelys pakket “Voertuig Diens Tevredenheid Opname” sal jou tyd en geld bespaar, terwyl jy waardevolle antwoorde ontvang oor hoe om jou besigheid te verbeter. Die antwoord op jou verbeterings kan so eenvoudig wees soos jou werknemers wat ʼn les of twee in Kliënt interaksie het, maar voordat jy hulle stuur vir so ʼn kursus is dit belangrik om meer besonderhede uit te vind. Die beste voorsiener van hierdie besonderhede is jou kliënte.

Hoekom moet jou Diens sentrum geëvalueer word?

In bemarking is die hoeveelheid tevrede kliënte krities, maar die hoeveelheid kliënte wat gaande is oor jou diens, belangriker. Hulle sal graag die woord versprei dat hulle tevrede was met jou diens sodra hulle hoor iemand anders wil graag hulle kar laat diens, en hierdie tipe bemarking is baie voordeliger as ʼn advertensie in die koerant. Al gee ʼn ongelukkige kliënt slegte terugvoer, sal dit jou kennis gee van waar daar probleme ondervind word en jou in staat stel om die probleem op te los.

Hoe begin jy met die Voertuig Diens Tevredenheid Opname?

Ons gaan uit ons pad om seker te maak dat ons kliënte presies kry waarna hulle opsoek is en ons sien daarna uit om saam met jou te werk op jou Voertuig Diens Tevredenheid Opnames. Kontak ons per e-pos.

Nuusargief →

Hierdie tuiste is geregistreer op wpml.org as 'n ontwikkelingstuiste. Skakel na 'n produksie-webwerfsleutel na remove this banner.