Dis met blydskap wat ons die volgende inligting aan ons verbruikers vrystel. Ons het ʼn paar wonderlike funksies vandag vrygestel! Eerstens is slimfoon opnames. Nou kan jy jou opnames versprei na jou ontvangers deur middel van sms’e. Jy kan natuurlik die publieke opnames ook gebruik. Indien jy antwoorde direk in die veld wil aanbring, kan jy dit in die publieke opnames direk aanbring.
Alle nuwe model slimfone sal die opnames kan gebruik. Indien jy die nie-SSL skakel gebruik sal ouer selfone ook hiermee werk. Hier is ʼn paar van die slimfoon modelle wat ons getoets het waarin die opnames perfek werk:
- Sony Ericsson modelle:
- XPERIA X1
- P1
- K530i
- Nokia modelle
- 3120 classic
- E50
- E51
- E60
- E61
- N81
- N95
Alle ouer modelle fone sal ook werk indien hulle in staat is om SHTML data te kan vertoon. Al die ingeslote prentjie lêers werk ook perfek, sowel as enige maatskappy kentekens!
