Toon alle vrae op een blad (Vorm)

Om al die vrae op een blad te laat vertoon, in plaas van 1 vraag per blad, kan jy die volgende stappe volge:

1. Gaan na Wysig op die opname wat jy geskep het, of skep ‘n nuwe opname en voeg eers die vrae by.
2. Kliek “Gevorderde Verstellings” in die linkerkantste kieslys.
3. Aktiveer die skakel onder “Vorm” en bevestig die boodskap wat vertoon word.

Al die vrae word nou op die web sowel as mobiele toestelle op een blad van ‘n vorm vertoon.

af