{"id":13162,"date":"2016-09-01T14:00:00","date_gmt":"2016-09-01T12:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/?p=13162"},"modified":"2016-09-01T14:00:00","modified_gmt":"2016-09-01T12:00:00","slug":"clinic-evaluator-is-nou-bekendgestel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/news\/2016\/09\/01\/clinic-evaluator-is-nou-bekendgestel\/","title":{"rendered":"Clinic Evaluator is nou bekendgestel!"},"content":{"rendered":"<p>Na deeglike ondersoeke, uitgebreide toetsing en \u0149 paar ontwikkelingsfases, het ons uiteindelik \u0149 terugvoer oplossing bekendgestel wat spesifiek ontwerp is vir die mediese industrie. Tandheelkunde, Veeartseny, Chiropraktisyn, Hospitale, en algemene klinieke kan nou maklik die Clinic Evaluator in hulle daaglikse roetines integreer. So, watter oplossings word hierdeur aangebied?<\/p>\n<p>As terugvoermaatskappy werk ons in noue verband met maatskappye van verskillende ori\u00ebntasies en ontvang dikwels versoeke waarin bestuurspanne ons vra vir \u0149 meer verpersoonlikde benadering. Die terugvoer oplossing, in hierdie geval, moet onnodige stappe kan oorslaan, die behoeftes van die betrokke besigheid in ag kan neem, terwyl dit nog steeds die maksimum kwalitatiewe navorsing en beheer van kli\u00ebnt tevredenheid aanbied.<\/p>\n<p>Ons noue verbintenis met mediese inrigtings het \u0149 wyle terug al begin toe ons deelgeneem het aan die Sahlgrenska Universiteit Hospitaal projek, wat befonds was deur die Europese Unie. Talle konsultasies met dokters, praktisyne en ander mediese personeel het ons gehelp om al die behoeftes en begeertes uit te pluis. Aanvanklik het ons \u0149 werkende prototipe aan \u0149 paar klein privaat klinieke verskaf, en ook \u0149 soortgelyke oplossing ontwerp vir \u0149 kli\u00ebnt wat \u0149 chiropraktisyn kantoor besit het. Hierdie was \u0149 paar afsonderlike oplossings wat ontwerp was volgens die behoeftes van die kli\u00ebnt. Dit het ons egter gehelp om \u0149 gemeenskaplike kern te isoleer wat basies identies was in al die gevalle, en deur verskillende opsies en afdelings by te voeg kon ons uiteindelik \u0149 volledige oplossing ontwerp wat nou gebruik kan word deur verskillende afdelings in verskillende mediese praktyke. Ons noem dit Clinic Evaluator en dit help om die diens van die mediese besighede uit die kli\u00ebnt se oogpunt te evalueer.<\/p>\n<h2>Waar kan die Clinic Evaluator die mees nuttig wees en hoe werk dit?<\/h2>\n<p>Die hoofdoel van die Clinic Evaluator is om beheer uit te oefen oor pasi\u00ebnt tevredenheid en die kwaliteit van die dienste verskaf. Na jy \u0149 rekening bestel het, word die opvolgende proses in die volgende hoof afdelings verdeel:<br \/><strong>1) Ons kontak jou en re\u00ebl vir \u0149 Skype\/Google Hangout onderhoud met een van ons konsultante.<\/strong> Die konsultant sal hierdeur meer leer van jou situasie, jou behoeftes bespreek, en sal dan die optimale vraelys opstel vir jou spesifieke geval. Na jy die vraelys goedgekeur het, kan die vraelys in jou verkose taal vertaal word.<br \/><strong>2) <strong>Jy ontvang toegang tot die Clinic Evaluator sisteem<\/strong><\/strong> waarin jy jou praktyk de werknemers kan invoer (waar nodig) en spesifiseer watter data voorgel\u00ea moet word in die Ontvangs Vorm (watter inligting wil jy h\u00ea jou ontvangspersoon van die pasi\u00ebnt moet invoer).<br \/><strong>3) Jy besluit of jy wil h\u00ea dat jou pasi\u00ebnte \u0149 uitnodiging moet ontvang om die opname vrae te beantwoord deur middel van e-pos, direk in die kliniek op \u0149 tabletrekenaar, of deur middel van albei maniere volgens jou pasi\u00ebnt se wense.<\/strong><br \/>En dis dit! Jy kan onmiddellik begin om terugvoer te ontvang vanaf jou pasi\u00ebnte en die uitslae sal bereken word en vertoon word in regte tyd, tesame met \u0149 Pasi\u00ebnt Tevredenheid Telling in jou Clinic Evaluator rekening.<\/p>\n<p>Ons is werklik bly dat enige kliniek of mediese afdeling die Clinic Evaluator nou in hulle werksvloei kan integreer met minimale moeite en finansi\u00eble uitgawes. Deur te luister na jou pasi\u00ebnte se kommentare en terugvoer kan jy maniere vind om hulle gelukkig en tevrede te hou, en hierdeur meer kli\u00ebnte na jou besigheid toe lok.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na deeglike ondersoeke, uitgebreide toetsing en \u0149 paar ontwikkelingsfases, het ons uiteindelik \u0149 terugvoer oplossing bekendgestel wat spesifiek ontwerp is vir\u2026<\/p>\n","protected":false},"author":0,"featured_media":8316,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-13162","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/wp-content\/uploads\/sites\/5\/2026\/10\/news-279.webp","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13162","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13162"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13162\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13163,"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13162\/revisions\/13163"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8316"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13162"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13162"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/examinare.ecommerce.theonlykroon.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13162"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}